Ringfort

Die ringfort by Rathrar in Ierland.
Een van die indrukwekkendste ringforte is die een by Grianán Ailigh in Ierland.

Ringforte is ronde, versterkte nedersettings wat hoofsaaklik van die Bronstydperk tot omstreeks 1000 n.C. gebou is. Hulle word in Noord-Europa aangetref, veral in Ierland. Daar is ook baie in Suid-Wallis en Cornwallis, waar hulle rounds genoem word.[1] Daar was baie groottes ringforte, en hulle kon van klip of grond gebou gewees het. In die meeste was minstens een gebou.

  1. "Flying Past - The Historic Environment of Cornwall: Enclosed Settlements". www.historic-cornwall.org.uk. Besoek op 2 April 2018.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search